IMAGO VERHOUDINGS TERAPIE

Imago Intensief vir pare

Imago Verhoudings Intensief is prosesse vir die huwelik in ernstige krisis.

Hoē reaktiwiteit as gevolg van pyn, noodsaak streng gestruktureerde prosesse vir effektiewe herstel. Langdurige, vasgevangde verhoudingspatrone vereis meer as bloot kommunikasie tegnieke, konflikhantering of persoonlikheidstoetse om te verander.

Met Imago intensief word u met al die professionele sorg ondersteun om u huwelik te genees.

. Julle word bygestaan deur 'n opgeleide Imago Terapeut met 24 jaar ervaring in verhoudings terapie.

RED JOU HUWELIK

Drie Dae Verhoudings Intensief

As jy skouer aan die wiel wil sit en as julle hard en effektief wil werk om julle huwelik te red, dan is hierdie die proses vir jou. Gedurende hierdie drie dae van hoogs gestruktureerde en baie effektiewe huweliksterapie, word julle begelei deur ń ervare huweliksterapeut op ń pad van herstel en re-konneksie.

Hierdie proses sal julle help om sin te maak van die emosionele warboel en die vasgevangdheid van julle huwelik. Pare word begelei met nagevorsde prosesse om die pyn wat die breuk veroorsaak, te genees.

Pare neig om te fokus op simotome. As julle net met simptome werk, dan hou die veranderings nie lank nie. Imago huweliksterapie sal julle help om by die wortel van julle konflik en magstryd uit te kom. Indien die genesing en herstel op daardie vlak gebeur, dan is die verandering diep en werklik. 


Geskenk vir jou huwelik

Imago Verhoudings Terapie bring

  • Genesing

    Genees ou pyn wat onderliggend aan huidige konflik lê

  • Konneksie

    Ontdek mekaar. Julle is meer as kulle moeilikheid. Leer om volhoubaar in konneksie te leef.

  • Dialoog & Commitment

    Leer en oefen die kuns van luister en deel wat lei tot intimiteit en konneksie. Leer om oor moeilike sake volwasse en suksesvol te kommunikeer

  • Veiligheid & Passie

    Passie is nie moontlik as jy onveilig voel nie. Leer om veiligheid te herstel in jou verhouding.


  • Vir wie is die Imago huweliks Intensief?

    • Vir huwelike wat ernstige probleme het en beide partye is bereid om aan die huwelik te werk.
    • Pare wat vasgevang is in ou patrone en julle wil aanbeweeg na kreatiewe, nuwe maniere van in verhouding wees met mekaar.
    • Een van julle wil die huwelik verlaat, maar julle wil eers ń laaste poging aanwend om die huwelik te red.
    • Pare wat die energie van die magstryd wil transformeer in passie.
    • Pare wat die kuns van konneksie en voluit lewendig wees saam met mekaar, wil bemeester
  • Hoe werk die Imago Intensief vir huwelike?

    Die proses strek oor drie opeenvolgende dae. Van 9:00 tot 17:00 met ń 90 minute ete breek.

    Dit is nie n groepsproses nie. Dit is een terapeut met een paar. Ek is dus teenwoordig met elke interaksie en proses. Dit beteken dat elke proses en informasie is gerig op wat julle huwelik spesifiek benodig om te genees.

    Die proses bestaan 25% uit informasie en 75% uit praktiese verhoudingswerk. Heling en re-konneksie gebeur deur middel van dialoog.  Dit beteken dat al die werk gebeur tussen julle as ń paartjie en ek fasiliteer daardie interaksies met gestruktureerde en emosionele veilige prosesse.

     Dialoë en prosesse gaan oor:

    • Julle verhoudings visie en droom. Ek help julle om weer te onthou waarheen julle wil gaan met julle huwelik.
    • Die werklike oorsake van die pyn en die oorsake van die breuk in verhouding. Dit is dikwels sake uit die verlede, en hoe om dit vandag te genees.
    • Om te werk met huidige frustrasies. Om uit vasgevangde patrone te beweeg na kreatiewe potensiaal toe.
    • Transformasie. Julle moet verander as julle iets anders wil hê. Die kuns van verandering is nie om te verander terwille van die verhouding deur jouself of jou maat te moet opgee of in kompromië moet aangaan nie. Standhoudende verandering is omdat beide van julle gegroei het, uitbrei, ontdek en transformeer.  Dit is nie om jouself te verloor in die huwelik nie, dit is om jouself te vind, OMDAT jy in die huwelik is.
    • Om verby pyn en frustrasies te groei in volle lewendigheid en passie.
  • Wat is die suksessyfer van die intensief?

    As julle die werk doen, 100%. Ek kan waarborg dat as julle albei die proses volg en julle pas dit toe, julle meer sal kry as waarvoor julle gehoop het.

  • Moet ons huwelik in die moeilikheid wees om die intensief te doen?

    Nee. As julle jul vermoë wil ontwikkel om lief te wees en in intieme nabyheid bewustelik te leef, dan is hierdie ń uitstekende proses vir julle. Om die waarheid te sê, dit is hoekom ons krisisse in ons lewe ervaar: om ons te dwing om te groei. So hoekom wag vir ń krisis voor jy wil groei? Kies om te groei en kies om lewendig te wees. Die huwelik is die perfekte plek om daardie keuse te maak en om dit te doen. Die Imago verhoudingsintensief fasiliteer dit.

  • Watter resultate gaan julle kry vir julle huwelik?

    • ń Dieper verstaan van die werklike oorsake van die pyn en diskonneksie.
    • ń Diep ervaring van werklike konneksie.
    • ń Diep ervaring van emosionele veiligheid in verhouding.
    • Ek gaan julle begelei om in julle pyn en frustrasies in te beweeg. En dan om vanuit daardie plek waar jy alleen en vasgevang voel, uit te beweeg na ń plek van herstel en groei in verhouding met mekaar. Julle gaan dus oefen om in konflik in te gaan, en daar uit te kom, gesond, saam met my, tot julle dit gemaklik self kan regkry.
    •  Jy gaan ń deeglike verstaan hê van julle magstryd en hoe julle albei saam dit skep.
    • Julle gaan praktiese tegnieke oefen hoe om toegang te kry tot die intelligensie van die magstryd en hoe om met daardie inligting deur die magstryd te beweeg na bewuste en volwasse liefde toe.
    • Julle gaan prosesse oefen, dat wanneer julle in die toekoms weer in ń magstryd ingaan, julle weet wat om te doen om vinnig en effektief daardeur en verby te beweeg in plaas daarvan om vir dae of weke daarin vasgevang te wees.
    • Jy gaan agterkom wat is jou werklike behoeftes oor hoekom jy in die huwelik wil wees.
    • Jy gaan agterkom hoekom die liefde jou by iemand uitgebring het wat totaal anders as jy is en wat eintlik nie by jou pas nie. Julle gaan agterkom dat die verskille tussen julle deel is van die briljantheid van die liefde, en nie die oorsaak is van julle nagmerrie nie.
    • ń Diep waardering en nuuskierigheid oor mekaar se verskille en uniekheid.
    • ń Verhoudingsvisie en hoe om daar te kom.
    • Julle gaan leer om te vra vir wat jy nodig het.
    • Jy gaan leer om vir jou maat te gee wat hulle nodig het (sonder dat jy jouself moet prysgee.)
    • Jy gaan leer hoe on die energie van die huwelik (fokus, dialoog, seksuele en emosionele energie, warmte, aandag, ens.) weer terug te bring in die huwelik in. En dit weer beskikbaar te maak vir heling en groei. (Die huweliksenergie is waarskynlik nou by ander mense buite die huwelik soos die kinders, ń ander man of vrou, of onderdruk deur verslawings of werk of depressie. Dit laat die huwelik magteloos en vasgevang).
    • Om die kuns te leer van konneksie.
    • Om die kuns te leer om teenwoordig te wees met mekaar.
    • Om die kuns te leer om te ontvang.
    • Om die kuns te keer om te gee.
    • Om die kuns te leer om te herstel
    • Om die kuns te leer om lief te hê en liefgehê te word.
  • Is daar enige ander pare?

    Nee. Dit is net julle twee saam met een terapeut.

  • Kan ons aandag so lank hou?

    Ja. Want dit is ń lewensveranderende ervaring. Dit voel soos n sekonde

Kobus van der Merwe

Imago Verhoudings Terapeut en Opleier in Pretoria

Kobus is 'n ervare terapeut wat vir die afgelope 23 jaar met verhoudingsterapie werk. Hy is lid van Imago Internasionaal Fakulteit en op dien op Imago Africa se nasionale Raad.

  • Terapeut

    Hy help pare met genesing, groei en transformasie dmv sessies en verhoudings intensiewe

  • Werkswinkel Aanbieder

    Hy is 'n ervare werkswinkel aanbieder van die internasionaal bekende "Getting The Love You Want" pare werkswinkel

  • Opleier

    Hy lei professionele Terapeute op in Suid Afrika, Europa, VSA, Asutralia en New Zealand.

Kopiereg 2018. Alle regte voorbehou.

VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA